Video

Ontmoet vir Tisha

Almal noem nog altyd vir Letitia op haar noemnaam Tisha.

Gif kom mos in klein pakkies en Tisha, wat nou in graad 8 is, is sekerlik die kortste in haar skool, maar moet haar nie miskyk nie - sys feisty.

Meer oor Tisha

Sy hou van swem en enige sport. Sy het ’n lekker terg gees en is bitter bang vir enige gogga.

Sy en haar 2 sussies bak elke Desember vakansie pannekoek in haar ouers se slaghuis vir ’n ekstra sakgeldtjie of toergeldtjie.

Sy is mal oor gimnastiek, en doen gimnastiek al vandat sy 4 jaar oud is. Haar grootste droom is om eendag Olimpiese spele toe te kan gaan vir gimnastiek. Sy oefen tans baie hard daarvoor en is deel van die top gimnaste in Suid Afrika.

Omdat Bloemfontein nie die fasiliteite het om haar te kan afrig in gimnastiek nie, ry haar mamma en pappa haar 3x ’n week vanaf Bloemfontein tot in Alberton, waar sy by Legacy Gymnastics haar gimnastiek oefen. Tussen deur die oefen en laat aande en ure in die kar, doen sy maar haar skoolwerk en leerwerk so in die kar tussen Bloemfontein en Johannesburg.

Sy werk altyd hard, oefen hard en is altyd vriendelik.

Sy is ook ’n Protea danser en het in 2024 nr 1 gerang in SA vir Disco dance. Sy het gaan deelneem aan die Disco Wereld Kampioenskappe in Duitsland in 2024 waar sy ’n 5de plek behaal het. Hierdie jaar het sy weer die Protea span gemaak en weer nr 1 in SA gerang en is sy oppad Poland toe waar sy gaan deelneem vir die dans.

Sy is ook gekies om deel te wees van die gimnastiek span wat die jaar in Malta gaan deelneem (haar droom om aan ’n Internasionale gimnastiek kompetisie deelteneem).

Sy het Tisha’s beskuit begin nadat haar pa gevra het sy moet help beskuit bak vir sy winkel (The Fat Butcher) en toe besef het daar is ’n lekker plekkie vir haar om die besigheid te begin en om ’n geldtjie intesamel vir al die leotards en “travels”.

Sy kan net naweke haar beskuit bak want sy is in die Koshuis en kom net naweke huistoe. So tussen deur die gimnastiek oefening en dans kompetisies, bak sy haar beskuit, droog dit, verpak dit en stuur dit dan vir al haar kliente.

Sy is tans besig om geld intesamel om al hierdie kampioenskappe te kan bywoon en sodoende ook nader aan haar Olimpiese droom te kan kom.

1 of 3